Where 2 Go - We are everywhere you want to be - sport news

By: Where2go  11-11-2011

Christo Buchner Durban – Die Springbokke sal beter vertoon in die toets teen die All Blacks in Port Elizabeth as wat Saterdag hier teen Australië die geval was, het Suid-Afrika se afrigter, Peter de Villiers, rugby-ondersteuners verseker.

Volgens De Villiers het van die senior spelers wat lank uit aksie was wedstryd­oefening gekry teen die Wallabies en daarom behoort dit reeds teen die All Blacks beter te gaan met sy span.

Hy was in elk geval nie te omgekrap ná die Drienasies-nederlaag van 9-14 teen Australië nie.

“Die telbord is die enigste plek waar ons hierdie wedstryd verloor het.”


Contact Where2go

Email - none provided

Print this page

Share