Optenhosp | TOTALE KNIEVERVANGING

By: Optenhosp  11-11-2011
Keywords: Van

  1. VOORBEREIDINGS VIR HOSPITALISASIE
    Die volgende moet beskikbaar / gereed wees :
    1. Alle onsekerheid tov die beplande prosedure moet met dokter uitgeklaar word;
    2. Ingeligte toestemming;
    3. Magtigingsnommer vanaf mediese fonds;
    4. Bloeduitslae;
    5. Medikasie moet saamgebring word na die hospitaal;
    6. Gewigsverlies en tuisoefeningsprogram;
    7. Tuis/huis modifikasies;
    8. Internis evaluering / narkose evaluering;
    9. Pre-operatiewe ortopediese evaluering (in laaste week pre-op);
    10. Nil per mond sedert middernag die aand voor chirurgie;
    11. Wat om saam te bring na die hospitaal;
  • Slippers met non-slip sole
  • As jy reeds het, bring die volgende saam
  • krukke of walker
  • toilet raiser
  • reacher
  • Knielengte kamerjas
  • Dames = liggegewig katoen T-shirt onder kamerjas om warm te bly
  • Los alle juweliersware tuis
  • Los passende pajamas of sweetpak
  • Eie hare borsel, tandeborsel, tandepaste, waslap
  • Ekstra paar gemaklike skoene
  • Eie leesgoed
  • Eie medikasie of lys van medikasie met doserings

2.DIE DAG VAN CHIRURGIE

Dit is normal om angstig te voel, maar probeer om te ontspan. Iemand behoort u te vergesel na die hospital. Meld aan by ontvangs waar die opname proses voltooi sal word. U sal deur personeel begelei word na die saal en u spesifieke bed sal aan u toegewys word. U sal gevra word om u hospital jurk aan te trek. Pre-medikasie, inspuiting of medikasie pre-op mag gegee word om u te help ontspan. U sal met u teatertrollie of bed na die teater geneem word net voor die operasie begin.

Die narkotiseur sal u sien voor die operasie en die verskillende opsies van narkose met u bespreek. Daar is basies 2 opsies / tipes, nl.

  • Algemene narkose
  • Epidurale narkose

Hipotensie narkose tegnieke mag gebruik word indien u jonk is en sonder vaskul�re siektes.

Nadat die narkotiseur u gesien het, sal u na die teater geneem word en intraveneuse drip aangewend word om u hart, bloeddruk, asemhaling en temperatuur te monitor. Die narkose sal dan toegedien word.

3.DIE OPERASIE

Die operasie neem 2 – 3 ure. Tyd word ook gebruik om die narkose te induseer en om u weer wakker te maak en in die herstelkamer te stabiliseer. Wanneer u wakker word, sal daar ‘n verpleegster wees om u by te staan en te monitor. Meeste pasiënte spandeer ongeveer ‘n uur in die herstelkamer en word dan oorgeplaas na die hoësorg eenheid vir ‘n dag of twee. Wanneer u wakker word, sal u heel waarskynlik pyn in die knie wat geopereer is, ervaar. Dit is normaal en u hoef nie verras of besorg te wees nie. Onthou totale knievervanging is major chirurgie. Meeste van u pyn is agv die chirugiese insnyding en disseksie. U sal sterk pyn medikasie deur die driplyn ontvang. Dit sal die pyn vir die eerste paar dae verlig. Die medikasie mag u egter naar en misluk laat voel. Bykomstige medikasie kan gegee word om hierdie simptome te verlig.

Die herstel na die narkose varieer baie. Sommige pasiënte voel na ‘n paar ure beter, maar ander kan vir ‘n dag of 2 nog mislik voel. Vog en medikasie word deesdae intravenuese lyn (drip) gegee totdat u gemaklik voel. Gewoonlik neem pasiënte die volgende oggend self met ontbyt pyntablette, soos nodig.

4.DIE DAG NA CHIRURGIE

Die belangrikste aspek van u herstel is mobilisasie.

Vroeë enkel pomp bewegings, beweeg die enkels stadig op en af en heraal 10x, word aangemoedig asook enkel sirkelbewegings.

‘n Dag of twee na die operasie sal u deur die verpleegster en fisioterapeut gehelp word om op te staan uit die bed, om in u stoel te sit, en om te begin loop. Die knie is aanvanklik taamlik pynlik en geswel en u moet u loopraam gebruik om mee te loop.

Die doelwitte van rehabilitasie en fisioterapie is :

  • Volle ekstensie
  • Fleksie meer as 900
  • Versterking van die kwadrasepspiere sodat die knie voluit reguit gemaak kan word
  • Progressie met stap

Die fisioterapeut sal u in die hospitaal sien en behandel. Die geneesheer sal u elke dag besoek om te sien dat u genoegsaam vorder en om te kyk vir moontlike komplikasies. Elke pasiënt vorder teen sy eie tempo.

5.DIE DAAROPVOLGENDE DAE

U is gereed vir ontslag wanneer u

  • gemaklik kan eet en drink sonder om buikongemak te ervaar
  • nie meer intraveneuse medikasie benodig nie
  • self kan opstaan
  • gemaklik in u stoel kan sit
  • ongeveer 30 meter kan loop
  • geen tekens van a)infeksie
    b)bloedklonte in die kuite (trombose)
    c)wondprobleme
    e)of ander komplikasies vertoon nie

    Daar is natuurlik nog baie werk om te doen en die herstelproses het so pas begin. Dit sal ‘n u geruime tyd neem voordat u onafhanklik kan funksioneer.

    Met goeie beplanning, kan u op dag 3-7 gereed wees vir ontslag. U sal steeds die ondersteuning van vriende of familie nodig hë of oorgeplaas word na ‘n hersteloord of sub-akute sorgeenheid.

Keywords: Van