VONK & Harlekyn | Sonja Herholdt

By: Sonja Herholdt  11-11-2011

1 November 2011

Dit was vir my 'n groot eer om deel te kon wees van die jaarlikse VONK toekennings. Ek het twee items gelewer, my 1970's liedjie Disco Disco in die openings-medley en toe het ek en Winray sy liedjie Muchas Gracias saam gesing. Willie Venter het 'n ongelooflike produksie op die planke gebring, en ek is trots om deel daarvan te kon wees.

Johan het laat weet dat hulle 'n bietjie stadiger vorder met "Sing vir die Harlekyn" op DVD. Die DVD kom wel steeds hierdie jaar uit rondom Kersfees, klink dit vir my. Ek sal laat weet sodra die DVD beskikbaar is.

My program is nog redelik besig tot aan die begin van Desember, dan gaan ek ook so 'n bietjie rus. My jongste Timmy kry aan die einde van November sy tweede kogliêre inplanting. Ek is bly ek het dan tyd om by hom te wees na die operasie. Met sy eerste inplanting 'n paar jaar gelede moes ek twee dae na die operasie op 'n 3 weke toer vertrek.

Sterkte met die laaste deel van die jaar.  Ek glo ons almal sien uit om so 'n bietjie te rus oor Desember.

"A man isnt't poor if he can still laugh." - Raymond Hitchcock

Liefde
Son xx


Other products and services from Sonja Herholdt

11-11-2011

Pêrels - CD | Sonja Herholdt

Pêrels is 'n cd wat bestaan uit 9 nuwe liedjies sowel as 'n bonus cd met 18 Sonja Herholdt treffers. Pêrels (Kliek op die foto of die titel vir meer inligting.


11-11-2011

DVD & CD Combo | Sonja Herholdt

My SHE the princess CD is baie meer as net die musikale klankbaan van my musiekmotiveringsprogram, dis liedjies wat ek spesiaal gekies het as die klankbaan van my lewe - dalk werk hulle vir jou ook. Die DVD is 'n lewendige opname van my "VOETPAD NA VROUWEES" musiek en motiveringsprogram en is die gevolg van baie versoeke van reg oor Suid Afrika. DVD & CD ComboKoop my Voetpad na Vrouwees DVD & my She the Princess CD as 'n Combo en spaar.


11-11-2011

Kaapse draai | Sonja Herholdt

Woensdag 5 Oktober - Ek en Simeon in konsert - Westend Teater - Somerset Wes. Dindag 4 Oktober - Ek en Simeon in konsert - Die Boer - Durbanville. Saterdag 8 Oktober - Die Hartklop van 'n Pêrelvrou - Uniondale. Saterdag 1 Oktober - Die hartklop van 'n Pêrelvrou - Houtbaai.


11-11-2011

n Voetpad na Vrouwees - DVD

Hierdie DVD is 'n lewendige opname van my "VOETPAD NA VROUWEES" musiek en motiveringsprogram en is die gevolg van baie versoeke van reg oor Suid Afrika. Tydens die program deel ek waarhede vanuit my eie lewenservaring en sing liedjies wat help om my boodskap van hoop aan veral vroue te bring.