News | sabikerallies.co.za

By: Sa Bike Rallies  11-11-2011

A special thanks must go to Kobus for these awesome pictures.

Hi Justin

Kobus en Marina Britz is op toer deur Afrika op ons 1200 Adventure. Ons is
deel van Durban Bmw Club, hulle is ook op facebook en is gelink met ons
facebook nl. Marina Bothma Britz en julle is weer gelink met ons facebook en
dit is waar ek jou details gekry het.

Ons is vandag 62 op die pad en ek heg vir jou ‘n paar fotos aan waar ons in
Durban begin het , toe Botswana . Ons is van Botswana af na Namibia Zambia,
Malawi, Tanzania , Dar es Salaam, Zanzibar, Serengeti, Mombasa en Kenia. Ons
wou deur die DRC ry, maar almal het gereken dit is te gevaarlik , onthou dit
is net ek en Marina. Ons het toe van Kenia af bietjie gebacktrack terug deur
Tanzania , Zambia en Namibia en ons het nou twee weke in Angola gewees ,golf
gespeel en baie vis gevang.

Die paaie en brue in die Congo en die Drc het omtrent almal weg gespoel en
ons het besluit om die bike te vlieg vanaf Luanda na Lisbon in Portugal wat
more gebeur. Ons plan was om deur die hele Afrika te ry en ons het Visas vir
Gabon, Cameroon, Nigerie, Benin, Togo, Ghana, Ivoryy Coast, Guinee, Senegal,
Mauritania en Morrocco, maar die vliegtuie hier in Angola is te klein om die
groot bike in die krat na enige van die destinasies te vlieg. Ons gaan
bietjie toer in Portugal dan bietjie backtrach na Morrocco en dan Spanje,
Frankryk, Uk, Scottland, Duitsland en Italie en dan vlieg ons die einde
Augutus vanaf Italie terug Durban toe. Ons het nou al so 17,000 km gery in
die 2 maande , baie mense ontmoet en behoort nog so 13,000 km te ry in
Europa.

Ons gaan bietjie agter die Tour de France ry in die Alpe van Frankryk , ons
slaap net in Campsites en geniet elke oomblik daarvan. Ek het nog nie die
bike op sy s laat le nie, behalwe toe ons hom nou in Luanda gekrat het.As jy
laas maand se bike sa kyk sal jy sien daar is ‘n artikel van ons in die
tydskrif. As jy wil he ek moet nog fotos mail ek het nog baie wat ek kan
stuur.

Groete uit Angola

Kobus en Marina Britz

A sneak preview

The burnout

VN:F [1.9.10_1130]

Rating: 9.0/10 (2 votes cast)

VN:F [1.9.10_1130]


Contact Sa Bike Rallies

Email - none provided

Print this page

Share