Philagro - Tipe Produkte

By: Philagro  12-08-2011

Kliek op ‘n katogorie in die lys onder om die produkte te sien.

Insekdoders is chemiese verbindings wat geformuleer is vir die beheer van bepaalde insekplae soos rooidopluis (Aonidiella aurantii), aalwurms, rooimyt, bolwurm, aartappelmot, stronkboorders en snywurms wat baie skade aan gewasse kan veroorsaak.

Swamdoders is chemiese verbindings wat geformuleer is spesifiek vir die beheer van sekere skadelike swamme soos Rhizoctonia saailingverwelksiekte, vroeë roes, laatroes, botritisvrot en sclerotinia-vrot.

Onkruiddoders is chemiese verbindings wat spesiaal geformuleer is vir die beheer van onkruide. By definisie is onkruide enige opslagplant wat groei waar dit nie hoort nie.  Daar is twee katogorieë onkruide naamlik breëblaar-onkruide en eenjarige grasse.  Breëblaar-onkruide sluit in: kakiebos, kleinskraalhans, gewone misbredie, wandelende jood,  gewone dubbeltjie.  Eenjarige grasse sluit in: jongosgras, klitsborselgras, kruisvingergras en gewone buffelsgras.

Plantgroeireguleerders is produkte wat geformuleer word vanaf hormone wat natuurlik in die plante voorkom.  Verskillende hormone word dus in groter konsentrasies toegedien op die plante om onder andere die rypwording van vrugte te vertraag òf te versnel en om die vrugset op die boom te reguleer vir die korrekte vruggrootte.   PGR’s word algemeen gebruik in avokado’s, tafel en wyndruiwe, appels en verskillende sitrus kultivars.

Alternatiewe produkte.


Contact Philagro

Email - none provided

Print this page

Share

Other products and services from Philagro

12-08-2011

Philagro - Products in "Insecticides

DIPEL®DF is 'n waterdispergeerbare korrel biologiese insekdoder vir die beheer van Lepidoptera larwes op verskeie gewasse.. N Emulgeerbare konsentraat maag- en kontak insekdoder met insekgroeiregulerende eien-skappe vir die beheer van larwale.. N Emulgeerbare konsentraat vir die beheer van houtvernietigende ondergrondtermiete in en om stalasies en konstruksies..


12-08-2011

Philagro - Products in "Herbicides

Ons is baie opgewonde om aan te kondig datdie gebruik van NEMESIS + BreakThru S240 nou geregistreer is.Met dieeindelosestygin.. N Emulgeerbare konsentraat plantgroeireguleerder vir vrugver-groting in kiwivrugte asook vir korrelvergroting en verminderin.. N Emulgeerbare konsentraat maag- en kontak insekdoder met insekgroeiregulerende eien-skappe vir die beheer van larwale..


12-08-2011

Philagro - View Organic Products

DIPEL®DF is 'n waterdispergeerbare korrel biologiese insekdoder vir die beheer van Lepidoptera larwes op verskeie gewasse.. N Water oplosbare korrel plant groeireguleerder vir gebruik op verskeie gewasse soos aangedui. N Water oplosbare korrel plant groeireguleerder vir gebruik op tafeldruiwe soos aangedui.