Scrapbooking Web Shop

By: She Bear  11-11-2011
Keywords: Van, Scrapbooking

Welkom by ons web tuiste

Op hierdie webtuiste gaan jy 'n groot verskeidenheid produkte vind wat jy in ons winkel ook sou vind, alles op een "online winkel".

Verkeidenheid van 'scrapbooking' produkte. Onder andere lint, stickers, brads, charms etc.

Verskaffers soos:

  • Daisy D's
  • Enmarc
  • FabScraps
  • Making Memories
  • Scrapbook Express
  • Scrapbook King
  • Tim Holtz

Wie is ons..

In 7de Straat nommer 42, Naboomspruit is my klein stukkie hemel op aarde , my droom wat waar geword  het en jy mis iets groots as jy nie hier inloer nie!  Dis so gesellig, met mooi goedjies om na te kyk,  om te skep en daarby nog kry jy  warm, vriendelike Naboom geselskap!
She-Bear (beteken Ursula) bied alles wat jou hart kan begeer wanneer dit kom by skeppend wees. Mooi goedjies te sien en te koop met sakpas pryse.  Van die kleinste, piepklein “charmpie” tot die mooiste patron en kleur  vel papier is met baie moeite en liefde gekies en ek ry baie vêr om dit self aan te koop.  Die bydrae wat elke liewe produk maak om my winkeltjie en elke scrapper wat daar inkom se gesig op te helder,  maak alles die moeite werd.
Die klasse wat ek aanbied is gesellig en terwyl ons tydlose “memories” skep van ons geliefdes, kuier ons sommer ook soos ou vriendinne!  Soms nooi ek ander “teachers” om hier by ons te kom klas gee en dan maak dit die dag nog meer spesiaal.  
Scrapbooking is ‘n uitlaatklep vir my gevoelens wat ek in my binneste  ronddra.  Ek wil met almal deel wat ek van my man, my kinders, my Here en my lewe dink.  Hammies (my man) het my droom bewaar deur vir my ‘n winkel oop te maak.  

Keywords: Scrapbooking, Van

Contact She Bear

Email - none provided

Print this page

Share