Daaglikste Rooster

By: Nethania Baba tot Voorskool Akademie   04-16-2011
Keywords: Nursery School, Child Care, Child Care Services

'n Daaglikse roetine laat kleuters veilig voel Vanaf 6:30 ontvang Nethania Akademie ons kleuters vir die dag en tot 8:00 speel almal gesamentlik binne, waarna ons aansit vir ontbyt. Elke etenstafel huisves een kleuter van ouderdomme 4-6 jaar, twee van ouderdomme 2-4 jaar en een kleuter van ouderdomme 18-24 maande - maats onder 18 maande het elkeen ‘n voedingstoeltjie vanwaar hulle die hele skool se doen en late kan dophou. Hier leer die jonger kleuters by die middel-ouderdom kleuters, en die middel-ouderdomme op hul beurt weer by die oueres. Ons oudste kleuters aan die tafel help die onderwysers om die jongeres aan te moedig en te leer eet. Na ontbyt gaan borsel ons eers tande, alvorens ons die meer formele deel van die dag begin met ‘n Bybelstorie, gebed en ‘n paar lofliedjies. Die oorkoepelende tema en meegaande take vir die dag se leer-program word aan die kleuters voorgehou en bespreek, waarna maats van ouderdomme 4-6 jaar na juffrou Lisa-Mari en Frieda, en kleintjies tot en met 3 jaar na Juffrou Nadine en Franchina, verdeel vir formele klas en meer gespesialiseerde individuele aandag. ‘n Voorbeeld hiervan is as ons tema vir die dag legkaart bou is: Babas jonger as 1 jaar pas boublokke op mekaar 1-jariges werk aan vorm-herkennings legkaarte 2-jariges bou 3-9 stuk legkaarte 3-jariges bou 9-24 stuk legkaarte 4-6 jariges bou 24-72 stuk legkaarte na aanleiding van hul vernuf op daardie stadium Indien ‘n kleuter sy of haar ouderdomsgroep se werk bemeester, word hulle aangemoedig om die volgende ouderdomsgroep se take aan te pak. Teen 9:45 verdaag die kleuters na buite vir ligte versnapperinge, bestaande uit vrugte, toebroodjies en koeldrank, waarna hulle vryspel kan geniet in die sandputte en op die klimrame. Kleuters geniet ons groot speelgond op 'n daaglikse basis, terdeë: van die verbeeldingryke huisies en winkels met mure, bestaande uit skadunette om te verseker dat geen kleuter sonder toesig is terwyl hulle speel nie, tot die silica sand wat vir seker die beste modderkoekkies in die distrik kan bak! Die renbaan met skop- en balanseer-fietsies laat elke seuntjie se hart vinniger klop terwyl hulle heerlik speel-speel oefening inkry. Teen ongeveer 11:15 neem ons die kleuters na binne waar almal hande was en gereed maak vir storietyd saam met Juffrou Lisa-Marie, waarna die kleuters teen ongeveer 11:40 middagete nuttig. Na afloop van middagete word die babas neer gelê vir ‘n middagslapie, terwyl die ouer kleuters na die tweede verdieping geneem word, waar hulle ‘n middagslapie geniet. Na 'n oggend propvol aktiwiteite val 'n kind se ogies maklik toe! Tydens slapie-tyd hersien ons onderwyseresse klaswerk en verseker ook sodoende dat die kinders deurlopend onder toesig is. Na 12:45 word almal wat nog nie van self ontwaak het nie rustig wakker gemaak en dan sleep ons weer na buite. Gedurende die middag neem ons buitemuurse apparaat uit om met die kleuters grootmotoriese oefeninge te doen. ‘n Voorbeeld hiervan is bal vang of ‘n boontjiesakkie op hul koppe balanseer. Die groot meerderheid van die ouers arriveer vanaf 16:00 om hulle kleuters op te laai.

Keywords: Baby Care, Child Care, Child Care Centre, Child Care Service, Child Care Services, CVO Skool, Day Care, Day Care Centre, Kindergarten, Nursery School, Pre-primary School, School Nursery, Tygerpoort Laerskool, Tygervalley College, Wapadrand, Witpoortjie Laerskool,

Contact Nethania Baba tot Voorskool Akademie

Email

Print this page

Share

Other products and services from Nethania Baba tot Voorskool Akademie

12-05-2013

Nursery school

Nursery School in nature with loving qualified staff, large playground, animals and relaxed surroundings.