Retirement Village - Houses for Sale

Retirement Village - Houses for Sale from Rob Ferreira Aftree-Oord / Retirement Village

By: Rob Ferreira Aftree-Oord / Retirement Village  01-07-2016
Keywords: Retirement, Retirement Village, Retire

Die bekendstelling van die Rob Ferreira Aftree-Oord in die vroeë 2000 het groot belangstelling gelok. Geleë langs die Vaalrivier, ongeveer 4 km vanaf Christiana, is Rob Ferreira die ideale aftree-plekkie vir diegene wat opsoek is na ‘n rustige atmosfeer en waarde vir geld behuising. Jan Goosen en Hester Keyter, die nuwe eienaars van die Rob Ferreira Aftree-Oord, het die oord in Maart 2015 gekoop en hulle is bly dat hulle ‘n verskil in mense se lewens kan maak deur die uitbreiding van die Rob Ferreira Aftree -Oord. Hierdie is werklik ‘n plekkie waar mense tuis kan voel tussen ‘n gemeenskap waar almal maklik vriende maak. ‘n Verskeidenheid eienaarskapvorme tussen lewensreg of deeltitel opsies is beskikbaar. Daar is reeds tans sewe-en tagtig Aftree-eenhede gebou en daar is nog sowat 150 eenhede wat beskikbaar is om gebou te word. Die pryse van die eenhede wissel vanaf R 450 000.00 tot en met R 1 000 000.00. Nagelang van die eienaar se persoonlike behoeftes is daar twee en drie slaapkamer eenhede beskikbaar. Kyk gerus na die foto’s en bouplanne wat beskikbaar is.

Keywords: aftrede, aftree oorde, aftree-oorde, Retire, Retirement, Retirement Village,

Contact Rob Ferreira Aftree-Oord / Retirement Village

Email

Print this page

Share

Other products and services from Rob Ferreira Aftree-Oord / Retirement Village

01-07-2016

Overnight Chalets

Die Rob Ferreira Aftree-Oord beskik ook oor ‘n aantal Oornag Chalets wat die perfekte plek is om te oornag, na en vanaf die Kaap.