Plant of the week | Florcom Gardens

By: Florcom Gardens  11-11-2011

Plant van die week

(Die fotos in die artikel is gedurende Januarie 2011 geneem)

Die grootste deel van die noordelike Krugerwildtuin word gekenmerk deur lae reënval, ‘n warm klimaat en onvrugbare grond. Die gevolg is dat wild hier minder as in die suidelike gedeeltes voorkom. As gevolg van die swakker wildbesigtiging en amper ondraaglike hitte in die somer verkies baie dan om liewer die suidelike gedeeltes te besoek. Vir ander hou die rustigheid van die noordelike gedeelte egter ‘n groot bekoring in. Indien jy nie van Skukuza se gewoel hou nie, kan jy gerus ‘n besoek aan kampe noord van Olifantskamp oorweeg.

Die noordelike gedeelte van die Krugerwildtuin word gekenmerk deur mopanies (Colophospermum mopane). Die onderste foto verteenwoordig die vlaktes noord van Olifantskamp. As gevolg van die onvrugbare grond, lae reënval en temperature wat gedurende die somer dikwels oor die veertig grade styg, is mopanies in hierdie vlaktes oorwegend struike met slegs enkele groter bome. Waar riviere, soos die Shingwedzi en Levuvhu, die vlaktes kruis kom vrugbaarder alluviale grond (grond wat deur die riviere afgeset is) voor en daarom word die mopanies op die rivieroewers besonder groot. Die reënval in die omgewing van Punda Maria is baie hoër in vergeleke met die res van die noordelike gedeeltes van die wildtuin en daarom word besonder groot mopanies ook hier aangetref.

Verskeie seldsame diersoorte kom in die mopanievelde voor. Hier dink ons veral aan bokke soos die swartwitpens, tsessebe en bastergemsbok. Nyalas word dikwels in die woude langs die riviere aangetref.

Die mopanie se blare is saamgestel met twee vlinderagtige blare aan ‘n gemeenskaplike steel. Die mopanieblaar is die vernaamste voedsel vir mopaniewurms. Duisende van dié wurms maak jaarliks hul verskyning in mopanieveld. Die mopaniewurm is ‘n gesogte tradisionele lekkerny. Dit word as ‘n droë happie of as gekookte bestanddeel in tradisionele disse gebruik.

Die mopanie groei stadig en is nie kouebestand nie.


Other products and services from Florcom Gardens

11-11-2011

Gardening tips | Florcom Gardens

Voor die stiggie in die sand gedruk word, moet die gesnyde vlak van die stiggie met bewortelingspoeier bedek word. Hou die sand klam en hou die stiggies op ‘n beskutte plek met gefilterde lig. Die goedkoopste en beste bewortelingmedium vir die amateur is skoon sand. Dit is nou die ideale tyd om potplante in groter potte oor te plant. Dit is die beste om gesertifiseerde moere te koop. Gebruik vars saad en hou die grond klam.


11-11-2011

Garden layout | Florcom Gardens - garden layout

In attempting to exhibit biodiversity within the South African flora at various levels, the designers created an exhibit that represents several of the different vegetation types comprising the nine biomes of South Africa, grouped in four separate nodes, each with its own cluster of interconnected, hexagonal compartments.


11-11-2011

Clivias (Boslelies) | Florcom Gardens - clivias boslelies

Ongelukkig is die blomperiode slegs ongeveer 3 weke lank, maar dit word opgemaak deur die feit dat clivias tydens die res van die jaar die ideale grondbedekker vir skaduryke gedeeltes van die tuin is. Beddings aan die huis se suidekant word gewoonlik gekenmerk deur dooie skadu met die meeste plante wat nie hier sal aard nie – clivias kan die nodige kleur aan hierdie beddings verleen.


11-11-2011

Garden Roses | Florcom Gardens

Do not prune when the soil is wet (Cutting zones will die back if pruning takes place when the soil is wet). Do not spray lime sulphur on plants with active growing eyes or foliage – it will burn the eyes and leaves. Prune while eyes are dormant and before they start to develop. Give a small amount of water immediately after pruning.


11-11-2011

Uncategorized | Florcom Gardens

Aan die westekant van die loma is ‘n aantal witstinkhoutbome wat bladwisselend is en daarom die son gedurende die winter deurlaat met die gevolg dat die loma gedurende wintermiddae lekker sonnig is. Alhoewel Nylstroom ligte ryp kry en temperature snags tot vriespunt daal, skep die baie bome in die tuin ‘n mikro-klimaat wat ‘n lowertuin gedurende die winter moontlik maak.


11-11-2011

Clivias (Boslelies) | Florcom Gardens

Blomvorming word aangehelp indien kalium en fosfaat ongeveer een maand voor blomtyd toegedien word (strooi ongeveer 10 gram korrelkunsmis per vierkante meter en gee dadelik daarna water; gebruik ‘n produk met baie kalium en fosfaat. Die genus Clivia behoort aan die familie Amaryllidaceae, en bestaan uit die spesies Clivia caulescens, Clivia gardenii, Clivia miniata en Clivia nobilis.